AFTELLING NA DIE MARATHON
Begin: Woensdag, 23 Julie 25 om 6 vm
WAT IS DIE BYBEL MARATHON?
Die Bybel Marathon is 'n inisiatief waar ons poog om verskillende mense bymekaar te bring om die Bybel oor 'n tydperk van vier dae hardop en aaneenlopend te lees, van Genesis 1 tot Openbaring 21.
Ons het van hierdie wonderlike inisiatief te hore gekom by verskeie gemeentes in Suid-Afrika wat dit al vir jare doen en kan getuig van kragtige getuienis en uitkomste as gevolg van hierdie projek.
Dit is nie net 'n reuse projek wat ons aanpak om deur die 1189 hoofstukke van die Bybel te werk nie, maar ons wil ook gehoorsaam wees aan die Here om Sy Lewende Woord te lees en te verkondig. Ons vertrou dat hierdie projek mense van verskillende kerke, gemeentes en instansies bymekaar sal bring en eenheid sal bewerkstellig onder gelowiges, 'n honger vir Bybellees sal aanwakker en ons sien ook uit na wonderwerke in mense se lewens by die aanhoor van God se Woord.
Dit is wel 'n marathon, nie 'n resies nie, so ons wil genoegsaam tyd spandeer aan die woorde in God se Woord, maar mense ook uitdaag om bietjie uit hul gemaksone te beweeg en op ongewone tye wakker te bly!
HOE WERK DIT?
Daar is 1189 hoofstukke in die Bybel en ons missie is om dit oor 'n tydperk van min of meer 80 ure deur te lees.
Wanneer jy jou naam opgee as 'n leser, verbind jy jouself tot 'n uur-lange tydgleuf van jou keuse, alhoewel jy net vir 15 minute aaneen hoef te lees. Jy mag jou naam ook vir twee opeenvolgende lesings opgee, of later weer lees.
Die Bybel sal in Engels en Afrikaans beskikbaar wees, so jy kan lees in die taal van jou keuse.
HIER IS HOE JY DEEL KAN RAAK
Ons wil graag soveel as moontlik individue, jonk en oud, motiveer om deel te neem en die Bybel te lees. Indien jy egter nie 'n leser wil wees nie, kan jy steeds betrokke wees:
- • Kom luister terwyl daar voorgelees word
- • Tree in gebed of ondersteun op die dae wat gelees word
- • Bemark die Bybel Marathon en versprei die woord
- • Skakel in op die livestream of ander media platforms
Individue/Gesinne:
Kies die dag en tydgleuf van jou keuse.
Vul jou naam en kontakbesonderhede in.
Jy sal bevestiging ontvang van die dag en tyd waarop jy lees.
Boek gerus jou hele familie om te kom lees!
Besighede/Groepe:
- 1. Moedig jou personeel aan om te kom lees OF
- 2. Kies 'n dag en tydgleuf wat jou organisasie saam kan kom lees
- 3. Laat elke individu sy/ haar inligting invul om te registreer
- 4. Daag ander besighede uit om ook deel te neem
Kerke/Gemeentes:
- 1. Moedig jou lidmate aan om te kom lees OF
- 2. Kies 'n dag en tydgleuf waar julle as gemeente wil kom lees
- 3. Daag ander gemeentes/kerke uit om ook deel te neem
- 4. Bemark die Bybel Marathon in jul gemeente
- 5. Bied aan om verversings te verskaf tydens sessies
WANNEER EN WAAR IS DIT?
WANNEER
Woensdag, 23 Julie 25
om 6 vm
tot
Saterdag, 26 Julie 25
om 10 nm
WAT WORD VOORSIEN?
- • Koffie, tee en ligte verversings
- • Stalletjies met waardevolle inligting
- • Sit-area en plek vir gebed
- • Stiltetyd geleenthede
GEREED OM DEEL TE NEEM?
Registreer nou vir jou tydsgleuf en wees deel van hierdie wonderlike inisiatief!
Boek jou Bybel Marathon Sessies
Klik op 'n uur om jou leestyd te kies - klik 1x (15min), 2x (30min), of 3x (volle uur)
Besig om tydsgleuwe te laai...